Ek struggle al vir ‘n geruime tydjie met
die ding. Wat is dit aan party mense wat maak dat hulle net eenvoudig altyd met
‘n air rondom hulle rondloop. Kyk, ek
wil nou glad nie vandag op tone trap nie, maar wragtig, dis darem maar
irriterend.
En toe ek
vanoggend hierdie raaklees, kry ek baie van my antwoorde, en besluit om dit met
jou te deel.
Die skrywer
is onbekend.
“Rede hoekom ek nie ryk mense wil besoek nie:
Vraag: “Wat wil jy drink…vrugtesap, koeldrank, tee, milo, hot
chocolate, of koffie?”
Antwoord: “Tee asseblief”
Ceylon tee, kruie tee,
rooibos tee, heuningbos tee, ystee of groen tee? Ceylon tee asseblief.
Wit of swart? Wit asseblief. Melk, cremora
of kondensmelk. Melk asseblief. Bokmelk, kameelmelk of beesmelk. Uhm, ek dink ek sal dit eerder swart neem
dankie. Verkies jy dit met versoeter,
suiker of heuning? Met suiker asseblief. Beetsuiker of rietsuiker? Rietsuiker
asseblief. Wit, bruin of geel suiker? Vergeet maar net van die tee, ek sal
sommer ‘n glas water neem dankie. Mineraal of stil water? Mineraal asb. Gegeur
of ongegeur? F*&^, los dit net… ek vrek liewer van die dors.
My
ordentlike man, aan die anderkant, sal selde, indien ooit, iemand in die gesig
vat deur geiiriteerd te begin lyk. Hy sal oe en aa net om ordentlik te wees,
sonder om eintlik ‘n woord te luister. Die aand toe ons huis toe ry, se hy: “Liewe
hemel, ek het nog NOOIT in my lewe so iemand ontmoet nie.” Net dit. EK, aan die
anderkant, het amper ontplof van irritasie.
Ongelukkig,
is dit deesdae deel van ons almal se elke dag lewe. Mense wat so hard probeer
om ‘n beter kar as sy bure te ry, in ‘n groter huis te bly, duurder klere en
juwele te dra, ‘n groter sonbril en rooier naels. En ongelukkig OOK, meeste van
die tyd net te kry by vrouens, wat, hou jou asem in, brag met manlief of nog erger, pappa se geldjies. Dis moeilik, ek
is self ‘n vrou, maar dis amper soos die ding dat sekere vroue bestuurders
ongelukkig ALLE vrouens se naam gat maak as dit kom by die 4 x 4 parkeer voor
Checkers.
Sekere
mense, kan mos ook nie een enkele storie vertel sonder om die prys te noem nie.
Sjoe, maar dis darem mooi glase hierdie, sal jy byvoorbeeld sê. Nou, gewoonlik
verwag mens dan net, dankie. NET dit, mevrou, jy HOEF NIE uit te brei nie.
Dankiieeeeeee, (met DAAI stemtoon), ek het dit bestel van (ek kan nie die plek
se naam uitspreek nie.) en dit het R70 ‘n glas gekos. Ek het my doodgesukkel om
dit hier te kry. O ja, en die posgeld was ook amper R400. Goeie *(*&^, ,
van wat is dit gemaak. Dalk moet jy dit in jou handsak druk. Grappie. Nou kyk
julle, ek besit nie kristalglase nie, en om eerlik te wees, Mr Price Home se
glase is piekfyn met my. Alle glase breek inelkgeval ewe maklik. Dis net ‘n
voorbeeld, maar o wee, hoekom moet daar altyd ‘n naam aan alles gekoppel word.
En ek bedoel, alles.
Eetgerei,
kookgerei, steakmesse, plastiek, beddegoed, matrassa, banke, skilderye,
voedselverwerker. En asseblief, moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is ook
lief vir my Tupper en Kenwood. Ek hou ook van ‘n goeie steakmes, en o die
luukse van LEKKER beddegoed. Maar jy hoef dit nie alewig vir almal te VERTEL
NIE. Om te brag is amper erger as om
te steel. En al wat meer irriterend is as iemand wat se hele gesprek uit brag bestaan, is iemand wat nie kan spel
nie. Of iemand, wat jy WEET ook maar net doodgewone mense soos ons almal is,
wat dit laat klink of hulle huisvriende met Bill Gates is.
Toe ek in
Kakamas gekom het, kon ek nie verstaan hoekom groet Johnny almal nie, toe besef
ek, hier groet jy ALMAL, al is dit ‘n vakansieganger uit Hong Kong. Behalwe as jy
dink jy is te belangrik, of jou man het genoeg geld. Dan kyk jy met jou sonbril
wat die helfte van jou gesig toemaak, en rooi lippe wat vir Marilyn Monroe sal
laat skaamkry, doodeenvoudig, anderpad.
So, mevrou,
of meneer. As jy weer in jou nuwe SUV of wat ook al verby iemand ry, plak ‘n
smile op jou gesig en lig jou hand, hy sal nie afval nie. En moet NOOIT ooit
maak of jy nie iemand ken nie, dit SAL jou inhaal. Glo my.
Of jy nou
kruidenierware by Woolies Food of sommer net gewone OK Foods koop, met ‘n
Toyota of ‘n Audi ry, jou lakens by Mr Price of Harriets koop, Frisco of
Arabiese koffie drink. En of jy nou ‘n overdraft het wat jou snags in koue
sweet laat uitslaan, na ‘n nagmerrie oor die bankbestuurder of ‘n FNB Private
Client is. Dit maak nie regtig saak nie, solank jou hart reg is, is ons almal
maar eintlik dieselfde.
Hierdie is so waar. En wie gee werklik om wat en hoeveel jy het? 'n mens se hart moet net op die regte plek sit...dink ek. Ons almal is dieselfde en graf toe kan jy niks vat nie.
ReplyDelete