When asked how they
managed to stay together for 65 years the woman replied
“We were born in a
time, where if something was broke, you fixed it….. not throw it away.”
Ek het
hierdie stukkie al ‘n hele paar keer raakgelees. En elke keer laat dit my
opnuut dink. Oor die huwelik. Spesifiek, oor die HUWELIK. Want, die huwelik is
‘n BELOFTE wat jy daardie dag voor die kansel gemaak het. Nie ‘n kys briefie wat iemand in jou potlood
blikkie gelos het. Of ‘n eerste soen waar ‘n mooi verhouding begin nie. Ja
natuurlik is dit nie ook sommer niks nie. Maar ‘n huwelik is iets heiligs. Dit
is ‘n kêrel en sy meisie wat saam ‘n besluit geneem het dat hulle die res van
hulle lewe saam wil wees. En toe, voor God, maak hulle die belofte aan mekaar.
I promise (‘n belofte
is ‘n ERNSTIGE saak) to be true to you in good times and in bad,
in sickness and in health. I will love you and honour you ALL the days of my
life. Until DEATH do us apart.
Hierdie lê
al ‘n geruime tydjie in my hart. Na aanleiding van ongeveer 3 bekende paartjies
wat onlangs, na minder as 2 jaar se getroude lewe, moed opgegee het. Dalk is
dit net ek wat dit so ervaar, maar dis hartseer. Ek veroordeel BESLIS NIE. Elke
persoon het sy stukkie in die lewe waarmee hy moet “deal”. En wat REGTIG in die
hart van elke huwelik aangaan, weet NET daardie 2 persone. Dis persoonlik. Daar
kom verskillende sitsuasies oor ‘n mens se pad, wat elkeen ook ‘n invloed op
jou verhouding gaan hê. Maar sommige kies om dit uit te werk, ander kies die
maklike pad.
En kom ons
wees eerlik vandag. ‘n Huwelik is WERK. BAIE. HARDE. WERK. En as jy graag daai EKSTA spesiale
huwelik/verhouding wil hê, verg dit EKSTRA spesiale aandag. Dit is 2 mense, wat
uit verskillende huise, met verskillende opvoedings kom, wat nou saam ‘n lewe
moet bou. Iemand noem op ‘n dag, dat hulle huwelik geen werk verg nie… Ek het
niks geantwoord nie. Want ek het beslis nie saamgestem nie. Ek kan met
eerlikheid sê dat ons mekaar 100% verstaan, soms is dit nie nodig om enige iets
te sê vir die ander om te verstaan nie. Maar dit het beslis nie vanself gekom
nie.
Dit beteken
om soms stil te bly, al voel dit jy wil ten hemele skreeeeeee. Om opofferings
te maak - jy sal niks oorkom om 3
oggende agtermekaar die koffie te maak nie. Om JAMMER te sê – al is jy soms
oortuig daarvan jy WAS reg.
Die een
persoon het grootgeword met NET die beste, die ander een moes sien en kom
klaar. Die een is gewoond aan Sondae braai vir middagete, in die ander een se
huis is daar slegs gefluister op Sondae. Braai was so uit soos koekies in die
weeshuis.
Dis alles
sommer lawwe voorbeelde. Maar geen 2 persone is dieselfde nie. ‘n Mens leer om
by MEKAAR aan te pas. Nie die een by die ander nie.
Ons het 1
belangrike reël – Wat IN die HART van
ons huis en huwelik aangaan, is PRIVAAT. Dit hoort nie op sosiale media
nie, dit hoort nie by jou beste vriendin nie, ook nie by jou ma nie. Want dit
is ook waar die eerste duiweltjie sy kop uitsteek.
En
bogenoemde sê ek met die gedagte van ‘n geselligheid waar ons ‘n hele tydjie
gelede was. Ek het by ‘n groepie vrouens gesit. En 80% van die gesprek het
gegaan oor dit wat in hulle slaapkamer aangaan. Ek het opgestaan en geloop. NEE.
Moenie. Hê tenminste genoeg respek vir jou man/vrou. Dis ‘n belangrike been van
enige verhouding. RESPEK, en ook vertroue. En deur DIT te doen, wys dit
ongelukkig nie baie daarvan nie.
Is ons
huwelik elke dag perfek? Nee beslis nie. Baklei ons? Ja, natuurlik. Lag ons?
JA, elke liewe dag, ook vir mekaar. Gaan slaap ons ooit kwaad vir mekaar? Nee,
nooit.
Elke huwelik
is die MOEITE daaraan werd. Dis mos die moeite werd om vir jou SIELSMAAT te
baklei. Sorteer dit uit, lag daaroor, huil daaroor, skree en praat daaroor.
Maar DOEN iets daaraan. Wat ookal nodig is om te doen, doen dit. Hou die
belofte wat jy gemaak het. ALLES in die lewe wat regtig die moeite werd is, is
bitterlike harde werk. Dis hoekom dit die moeite werd is. En ELKE huwelik het
nou en dan ‘n dag waar mens verby moedeloos voel. Waar die uitdagings baie
voel.
Maar ons moet dit FIX, nie by die ruit uitgooi nie….